TOEBROODJIESMEER MUFFINS
Hoeveel keer koop jy Sandwich Spread – gebruik dit ‘n paar keer en dan is die houertjie half vol … hierdie muffins is perfek om in te pak vir werk of skool.
- 1 koppie bruismeel
- 1 koppie toebroodjiesmeer (Sandwich Spread)
- 1 groot eier, geklits
- ½ koppie melk
- ¼ koppie sonneblomolie
- sout en peper
- 12 blokkies kaas
Voorverhit oond tot 190°C. Spuit ‘n 12 gaatjie muffinpan.
Klits die melk, olie, eier en toebroodjiesmeer saam met ‘n vurk.
Meng die meel, peper en sout goed saam en meng met die eiermengsel.
Dit is ‘n stywe mengsel. Skep die deeg in die muffinpan.
Druk ‘n blokkie kaas in die middel van elke muffin in.
Bak vir 25 minute (of tot toetspen skoon uitkom).
Laat afkoel in pan vir so 5 minute.
Resep en foto: Alma Pretorius