Your Recipe Blog

TOEBROODJIE KOEK ( Smörgåstårta) SANDWICH CAKE

TOEBROODJIE KOEK ( Smörgåstårta) SANDWICH CAKE

My man se verjaarsdag koek vandag. ’n Sandwich Cake (Smörgåstårta in Sweeds). Die Finne is baie lief daarvoor. Hierdie was my eerste poging om een te maak. Ek het nie regtig ’n resep nie. Het net meer my eie kop gevolg.

  • Vulsel:
  • 300 g gerookte salm
  • 500 g garnale
  • 5 gekookte eiers
  • agurkies
  • ui
  • dill
  • Créme fraiche
  • mayonnaise
  • sout en peper

Sny al die bestanddele klein en meng met die créme fraiche en mayonnaise.

  • Versiersel:
  • Créme fraiche
  • mayonnaise
  • roomkaas

Meng al die bestanddele saam en sit in die yskas om bietjie te verkoel.

Jy behoort min of meer 2 brode te gebruik. Jy kan jou eie bak of jy kan kan net gewone bruin brood gebruik. Sny die korsies af. Ek het dit in 2 rye van 3 snye brood gepak. 4 snye brood hoog. Sodat ek die vulsel op drie lae kon smeer.
Pak ’n laag brood en smeer dan vulsel op.
Pak en smeer tot brood en vulsel klaar is. Sit in yskas.
Nou kom die lekker deel. Versier! Hier kan jy jou verbeelding vrye teëls gee.
Smeer die versiersel lekker dik op en reg rondom.
Ek het die volgende bestanddele gebruik om te versier. Maar jy kan enige iets gebruik wat jy wil.

  • gekookte eiers
  • gerookte salm
  • garnale
  • suurlemoen
  • agurkies
  • komkommer
  • ruccola
  • cocktail tamaties

Jy kan hierdie ook met ham, kaas en ander koue vleise maak as jy nie vis wil gebruik nie.

Foto en resep: Nadia Thölix

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page