TIPSYTERT
Het dit vandag gemaak, maar as aparte tertjies – het 11 uitgekry (silikoon muffin pannetjies gebruik). En het dit vir so rondom 20 minute gebak op 180°C. Ek het die suiker in die sous ‘n kwart koppie minder gemaak. Het die tertjies warm in die warm sous in die pot laat dryf en omgedraai dat die bokant onder is en toe versigtig met ‘n tangetjie uitgehaal.
Baie lekker met die kersies en neute in die resep. Hierdie sal een van my hou-resepte raak, sal dit weer maak – dis heerlik!
- 1 koppie dadels
- 1 koppie kookwater
- 1 teelepel koeksoda
- 2 eetlepels Stork margarien
- ¼ koppie fyn neute
- ¼ koppie suiker
- 1 eier
- 1 ¼ koppies koekmeel
- ½ teelepel bakpoeier
- ¼ teelepel sout
- ¼ koppie kersies
Room margarien en suiker tot glad en voeg eier by.
Plaas koeksoda met kookwater in ‘n aparte bak saam met die dadels.
Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg by suikermengsel.
Voeg nou dadelmengsel by en meng deur.
Voeg laaste die neute en kersies by en meng goed.
Bak in 2 gesmeerde tertborde vir 25 minute teen 175ºC. Laat afkoel en gooi sous oor.
- Sous:
- 1 ¾ koppie suiker
- ¼ koppie brandewyn
- 1 eetlepel stork margarien
- ¾ koppie water
- 1 teelepel vanilla geursel
Kook suiker en water vir 5 minute. Voeg ander bestanddele by. Laat afkoel en skep oor die tert of soos bo aan verduidelik. Versier met styfgeklopte room en kersies bo-op. Geniet.
Resep geplaas deur Jaqueline Wright (my ma se resep)
Foto en aanpassings: Stien Rust