Your Recipe Blog

TINUS SE BOTTERSKORSIE BYGEREG

TINUS SE BOTTERSKORSIE BYGEREG

Ek het oor die naweek op ‘n post ‘n voorstel vir ‘n butternut bykos gegee… en toe verskriklik lus geraak vir hierdie gereg. My oud skoolhoof, Tinus, het hierdie gereg by amper elke skool braai of funksie gemaak en ek het die resep by hom gekry, en baie self gemaak vir funksies by die skool. Van my oud kollegas op die groep sal dit verseker herken! Ons noem dit Tinus se butternutgereg, maar wat ookal jy dit noem dit is absoluut fantasties!! Dit is nie die mooiste gereg ooit nie, maar die smaak daarvan maak op vir die gebrek aan voorkoms. Dit is soos creamed spinach en butternut van jou gunsteling restaurant in een gereg.  En die mense in NZ is net so lief daarvoor soos die mense in SA.

  • 1 pakkie of ½ groot geskilde botterskorsie, in kleiner blokkies gesny
  • 250 g sampioene, gesny
  • 1 pakkie gekapte spinasie, of ‘n bos spinasie waarvan die wit are uitgesny is, en die blare gekap is
  • 250 ml room
  • 1 pakkie wit uiesoppoeier
Pak die gesnyde botterskorsie in ‘n gesmeerde oondbak.
Pak die sampioene en spinasie bo-op.
Meng die room en soppoeier en gooi dit bo-oor die spinasie.
Maak die bak toe met foelie en bak 1 uur toe en dan 15 – 20 minute oop by 200ºC.
Bedien met enige vleis van jou keuse.
Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page