TINKIE SE BOEREBESKUIT
- 2.5 kg koekmeel
- 375 g margarien
- 1 eetlepel anyssaad
- 2 koppies suiker
- 2 pakkies kitsgis
- 1 rondvol eetlepel sout
Smelt botter in 2 koppies kookwater, voeg suiker by en roer tot opgelos.
Voeg ± 4 koppies kouewater by tot louwarm.
Meng die droë bestanddele en maak ‘n dammetjie in die meelmengsel.
Voeg die bottermengsel by en knie tot droog, deeg moet nie te styf wees nie.
Laat rys tot skottel lekker vol is.
Knie af, rol bolletjies en pak in beskuitpanne.
Laat rys tot panne vol is en bak by 150 ºC tot gaar, ongeveer ‘n driekwart uur.
Resep en foto: Tinkie Theron
Waneer en hoe gebruik jy die gis?
More Piet, die gis kom saam met die droë bestanddele, maw jy meng dit saam met die meel, en dan maak jy die deeg aan met die nat bestanddele.
Hoop dit kom lekker, kom vertel gerus.
Hoe gemaak om bietjie meer eweredige beskuite met uitrys te kry
myne is grt koppe en voete en amper niks lyfie nie .Kan ek die bulletins Klein maak ?
Hi Piet ek het vir Tinkie en die lede op die foodlovers groep raad gevra, ek gee terugvoer sodra ek vir jou meer raad het. As jy op ons groep is, hou die post dop asb?
Groete
Rina
Piet hier is Alta se raad
Alta Gunter Van Dyk
Top contributor
Ooo jinne,ek knie my beskuit,en laat goed uitrys,knie weer af en laat rys vir 2 de keer dan my bolletjies word geweeg,oppas vir te veel bolletjies in n pan,ek het groot broodpanne en ek sit 16 bolletjies in n pan,laat due pan vol rys,sit dan my oond aan,en dan gaan panne in oond ,ek knie ook net met koekie suurdeeg wat ek koop by die bakkery afdeling van supermark,al foto wat het van my anys beskuit
Piet hier is nog raad, laat weet of jy die post op ons groep gesien het asb
Kiti de Jager
My teorie is dat bolletjies in die pan gesit word, die “ronde bol” uitdroog en boontoe gestoot word. Ek maak myne bolle, maar dan rol ek die bol in ‘n “worsie” as ek dit in die pan sit. Sommige dele maak maar nog lang bene met ‘n koppie of rys stadiger en maak ‘n duik in die brood voor jy breek. Maar dit help.