TILAPIA OP DIE KOLE
- heel tilapia vis
- olyfolie
- sout en visspeserye
- vars roosmaryntakkies
- suurlemoenskyfies
- uie, in skyfies gesny
Maak vis skoon en sny rugvin en ander vinne af met ‘n skêr.
Sny so 3 vlak gleuwe deur die vel aan elke kant van die vis.
Spuit binne- en buitekant van vis met olyfolie.
Strooi sout en vis speserye binne en buite om vis.
Vul maagholte met roosmaryn takkie, ui en suurlemoen skyfies, pak ook suurlemoen en roosmaryn takkie bo-op vis.
Spuit ‘n toeknyp rooster met kleefwerende sproei en braai die vis op medium tot warm, nie te warm kole, tot vleis sag is.
Toets met ‘n vurk. Braai so 4 min aan een kant dan weer so 2 min aan ander kant.
Bedien met ‘n heerlike vars slaai.
Resep en foto: Elize de Kock