TIAAN SE KORTPAD “LEMON MERINGUE”
Resep: Tiaan Steyn
Foto: Hanli Wessels
- kors van jou keuse, gebak of beskuitjies
- Vulsel:
- 1 blik kondensmelk
- 3 eiergele
- 2 suurlemoene se skil en sap
- Klits kondensmelk en eiergele goed saam. Voeg die suurlemoene se skil by en meng goed. Voeg nou die suurlemoensap bietjies vir bietjies by en klits goed. (Die suurlemoensap se suur maak dat die vulsel verdik, dit is amper soos ‘n gaarmaak proses)
- Skep in gebakte of ‘n krummel kors en plaas in yskas terwyl meringue voorberei word.
- Meringue:
- 3 eierwitte
- ¼ teelepel kremetart (cream of tartar)
- 175 g strooisuiker/gewone witsuiker
- Vee jou mengbak en die klitsers af deur ‘n stukkie handdoekpapier te neem en dit klam te maak met bietjie asyn, dan vee jy alles mooi skoon. Die asyn maak dat enige vet of ongevraagde goed verdwyn.
- Klits die eierwitte en kremetart saam totdat dit sagte punte vorm.
- Voeg die suiker by eetlepel vir eetlepel en klits totdat dit styf en glad is.
- Hou die bak onderstebo (versigtig) as die meringue nie uitval nie, is dit reg.
- Skep met ‘n metaal lepel blopse van die meringue op die tert wat begin stol het in die yskas.
- Smeer met die lepel die meringue totdat die tert bedek is.(Onthou werk liggies want as jy tert hard werk, ontsnap die lug)
- Maak daai kuifies met die agterkant van die lepel.
- Bak in voorverhitte oond van 160ºC vir 30 – 40 min.
- Verwyder van oond en laat afkoel.
- Is die lekkerste as dit koud is.
Category:

