Your Recipe Blog

THALIA SE VINNIGE RINGDONUTS

THALIA SE VINNIGE RINGDONUTS

Resep en foto:  Thalia Botha-Rondganger

  • 50 g botter
  • 30 ml suiker
  • 1 eier
  • 3 koppies bruismeel (ek het koekmeel en 15 ml bakpoeier gebruik)
  • 1 koppie karringmelk (15 ml suurlemoensap in 1 koppie melk, laat staan 10 min)
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • paar druppels geel koekkleursel
  • olie vir bak
  • Smelt botter, voeg suiker by en meng. Voeg eier en kleursel by en meng goed. Voeg meel by en knie goed deur.
  • Op meelbestrooide oppervlak: Rol deeg uit, omtrent 1,5 cm dik. Druk uit en gebruik vanilla geursel proppie om gaatjie in middel uit te druk.
  • Bak in olie op hoë hitte vir 3 – 4 minute aangesien dit vinnig bak.
  • Kook stroop en doop donuts daarin.
  • Stroop:
  • 1 koppie suiker
  • 2 koppies kookwater
  • 2 kaneelstokke
  • 2 kardemom peule

Notas:
Liesel Burger – Wat ek wel gevind het, is moenie donuts in stroop laat lê nie, doop en haal dadelik uit. Anders word dit baie soggy.

Petré Van Jaarsveld – Die deeg was net ‘n bietjie pap. Ek het om en by ‘n koppie meel bygevoeg. Ek het nog nie geproe nie. Sal dit netnou doen. Ek het ook ‘n bietjie heuning oorgesmeer, 100’s en 1000’s oorgestrooi en ‘n bietjie versiersuiker oorgesif.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page