THAI MIELIEKOEKIES
- 1 blikkie pitmielies, gedreineer
- 2 sprietuie, fyn gesny
- 2 eetlepels gekapte vars koljanderblare
- 2 teelepels vars knoffel, fyn gedruk
- 2 teelepels peperkorrels, fyn gemaak
- 2 eetlepels Maizena
- 2 eiers, geklits
- 1 eetlepel vissous
- 2 teelepels bruinsuiker
- olie vir diepbraai
- “sweet chilli” sous vir bediening
Meng mielies, uie, koljander, knoffel, peper, Maizena, eiers, vissous en bruinsuiker in ‘n mengbak.
Verhit die olie oor matige hitte.
Skep groot lepels vol van die mieliemengsel in olie en braai tot goudbruin en gaar.
Sit voor met Sweet Chilli sous en garneer met koljander.
Resep en foto: Louise Venter