TESSIE SE OUTYDSE TAMELETJIE
Jare gelede het my Ma altyd vir ons so ‘n lang tameletjie wat toegedraai was in waspapier gekoop – jy kon baie lank aan dit suig – hier is sy resep!
- 6 x 250 ml suiker
- 500 ml water
- 5 ml kremetart
- 5 ml sout
Kook alles saam oor lae hitte tot begin kook.
Laat aanhou kook en toets met ‘n druppel in ‘n bietjie yskoue water.
Sodra die bolletjie stol, is dit reg om uit te gooi.
Jy kan dit in klein pannetjies giet of net soos jy verkies in aparte vorms.
Nota:
Ek het myne toegedraai in kleefpapier nadat dit afkoel het.
Resep en foto: Kokkedoor Tessie Els Kemp