TENNISBESKUITJIE BESKUIT
Resep en foto: Gezina en Hennie Gouws
Hierdie beskuit proe soos tennisbeskuitjies en is regtig ongelooflik lekker!
- 1 kg bruismeel
- 2 koppies klapper
- 1 ½ koppie suiker
- 500 g margarien
- 150 ml olie
- 3 eiers
- 5 eetlepels (70 ml) stroop
- 400 ml karringmelk
- 2 teelepels bakpoeier
- 1 teelepel sout
- 2 teelepels karamelgeursel
- Voorverhit die oond tot 180ºC.
- Meng die droë bestanddele in ‘n groot mengbak.
- Smelt die margarien in die mikrogolf in ‘n mengbak en voeg die olie en stroop by, meng goed.
- Klits die eiers, melk en karamelgeursel saam, voeg dit by die margarienmengsel en meng.
- Voeg die natbestanddele by die droëbestanddele en meng goed deur.
- Druk die deeg in ‘n snyerspan vas en bak in die voorverhitte oond vir ongeveer 40 minute of tot gaar.
- Droog die stukkies beskuit op ‘n bakplaat uit in ‘n louwarm oond vir 3 – 4 ure of oornag.
Category:

