TENNISBESKUITJIE BESKUIT
Hierdie beskuit proe soos tennisbeskuitjies en is regtig ongelooflik lekker!
- 1 kg bruismeel
- 2 koppies klapper
- 1 ½ koppie suiker
- 500 g margarien
- 150 ml olie
- 3 eiers
- 5 eetlepels (70 ml) stroop
- 400 ml karringmelk
- 2 teelepels bakpoeier
- 1 teelepel sout
- 2 teelepels karamelgeursel
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Meng die droë bestanddele in ‘n groot mengbak.
Smelt die margarien in die mikrogolf in ‘n mengbak en voeg die olie en stroop by, meng goed.
Klits die eiers, melk en karamelgeursel saam, voeg dit by die margarienmengsel en meng.
Voeg die natbestanddele by die droëbestanddele en meng goed deur.
Druk die deeg in ‘n snyerspan vas en bak in die voorverhitte oond vir ongeveer 40 minute of tot gaar.
Droog die stukkies beskuit op ‘n bakplaat uit in ‘n louwarm oond vir 3 – 4 ure of oornag.
Resep en foto: Gezina en Hennie Gouws