Your Recipe Blog

TENNESSEE PERSKE POEDING

Recipe by
Cook: 40 - 50 minute

TENNESSEE PERSKE POEDING

  • 1 koppie koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • ½ koppie suiker
  • ½ teelepel sout
  • 1 teelepel fyn kaneel
  • ½ koppie melk
  • 1 groot blik perskeskywe, stroop afgegooi
  • Sous:
  • 1 ½ koppies water
  • 100 ml wit suiker
  • 100 ml bruinsuiker
  • 1 teelepel fyn kaneel
  • 1 eetlepel margarien/botter

Meng die eerste 6 bestanddele van die beslag saam, tot net gemeng. Roer gedreineerde perskes deur. Skep in ‘n gesmeerde oondbak.
Plaas al die bestanddele vir die sous in ‘n pot, en kook totdat die suiker opgelos het.
Giet versigtig oor die rou beslag.
Bak 40 – 50 min by 200ºC totdat dit goudbruin is bo-op, en die sous deurborrel.
Laat effens afkoel en bedien met vla of roomys, of altwee!

Rese en foto: Ilze Jacobs

2 Reviews

  1. Alida Siebert
    Oh bloed julle. Ek het die poeding gebak en net soos hy uit die oond kom is hy opgeet. Die laaste stropies met die finger uitgelek. Die foto by die resep is n mooie, want my bak is leeg voor ek kon foto.

  2. Mathalda Joseph

    Lip aflek lekker. Ek sal dit beslis weer bak.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page