TELEFOONPOEDING IN DIE OOND
- Beslag:
- 250 ml suiker
- 125 ml botter
- 1 eier
- 375 ml koekmeel
- 5 ml bakpoeier
- 5 ml koeksoda
- 5 ml gemaalde gemmer
- knippie sout
- 250 ml melk
- 30 ml fyn appelkooskonfyt
- Stroop:
- 500 ml kookwater
- 250 ml suiker
Voorverhit die oond tot 180°C.
Smeer ‘n groot oondbak.
Klits die suiker, botter en eier tot lig en donsig.
Sif die droë bestanddele saam.
Roer die meelmengsel en melk om die beurt by die suikermengsel.
Roer die konfyt by en giet die beslag in die oondbak.
Stroop:
Roer die kookwater en suiker todat al die suiker opgelos is en giet dit versigtig oor die beslag.
Bak vir ongeveer 1 uur lank of tot gaar.
Sit warm voor met vla, indien verkies.
Resep en foto: Meisie van der Colff
Delicious taste. Couldnt get enoughn of it.