Your Recipe Blog

TARIEN SE HOENDER PASTEIE

TARIEN SE HOENDER PASTEIE

  • Vulsel:
  • ontbeende versnipperde hoender
  • 1 groot ui
  • 1 blikkie sampioene snippers in water
  • 1 pakkie hoenderroomsop
  • 400 ml water

Ontbeen en versnipper die hoender (of laat jou man dit doen terwyl jy ‘n lekker groot ui opkap en in bietjie olie soteer)
Roer die hoender knipsels by die ui en braai so 5 minute vir ‘n lekker geur.
Roer afgewaterde sampioene by.
Maak die hoenderroomsop aan met 400 ml water en roer by.
Laat hom stadig prut tot lekker deurgekook en verdik.

  • Kors:
  • 1 pak skilferkorsdeeg (puff pastry)
  • 1 geklitste eier

Ontvries die skilferdeeg.
Rol deeg uit tot so 2 mm dun.

Nota:
Ons “muffin” pan is XXL so ‘n koekie drukker om die velle uit te druk gaan nie werk nie, sny ‘n ronding so groot dat hy jou pan lekker vol lê.

Voer die muffinpan deeglik uit  met die deeg en skep tot so 4/5 vol met vulsel.
Sny ronde deksels vir bo-oor en vou die rante van jou deeg oor die deksel.
Smeer met eier en bak vir 30 minute op 180ºC.

Resep en foto: Tarien Prinsloo

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page