Your Recipe Blog

TANYA SE SOET-SUUR VARKBLOKKIES

Recipe by
Cook: 20 - 30 minute

TANYA SE SOET-SUUR VARKBLOKKIES

Ek maak gewoonlik my eie en dit kom heerlik uit.

  • 2 groot varkboudtjops
  • olie vir diepbraai
  • 1 pak Royco “sweet and sour cook-in-sauce”
  • sampioene, opgesny
  • ui opgesny
  • groen soetrissie, opgesny
  • 1 blikkie pynappelstukke
  • olie vir vlakbraai
  • Deeg:
  • 1 koppie koekmeel
  • ½ koppie water
  • klein bietjie bier
  • sout en gemengde kruie
  • 2 eiers

Meng die bestanddele vir die deeg saam in ‘n mengbak.
Die deeg moet lekker dik wees, maar nie té dik nie.
Verwyder die vet gedeelte van die tjops en sny die been uit.
Sny die vleis in happiegrootte blokkies.
Verhit olie in ‘n diep braaipan of kastol op die stoof tot warm.
Doop die vleis in die deeg en diepbraai die vleisblokkies totdat die deeg goudbruin is.
Plaas die gebraaide blokkies vleis op kombuispapier sodat die olie kan drieneer. Doen dit tot al die blokkies gebraai is.
Verhit bietjie olie in ‘n pan op die stoof en braai die sampioene, ui, soetrissie en blikkie pynappelstukke liggies saam.
Verwyder van hitte en voeg die pakkie soetsuursous by die sampioenmengsel.
Plaas die vleisblokkies in ‘n oondvaste bak en skep die sampioen-sousmengsel oor die vleis.
Bak die vleis en sous in ‘n warm oond vir ongeveer 20 – 30 minute.
Bedien die soetsuur varkblokkies saam met “2 minute noodles”.

Nota:
Die hoeveelheid sampioene, ui en soetrissie is na eie keuse.

Resep: Tanya Erasmus
Foto: Elna Erasmus

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page