TANYA SE HEERLIKE SLAAI SONDER TAMATIE
- 1 pak gekleurde blaarslaai
- 1 komkommer
- 1 rooi ui
- 1 groen soetrissie
- 1 klein houertjie “black pepper” Feta, in blokke gesny
- 1 pynappel, opgesny met stronk en al
- 1 pakkie vars aarbeie
- 1 houertjie olywe
Sny al die groente lekker grof op of soos verkies.
Pak die slaai mooi uit op ‘n slaaibord en sit heel bo Feta kaas en olywe.
Slaaisous:
Meng balsamiese asyn, olyf olie en baie swart peper en bedrup die slaai of bedien saam met die slaai.
Resep en Foto: Tanya Erasmus
Category: