TANNIE GALE SE “LEMON MERINGUE”
Ek en my wonderlike vrou het saamgespan en ons het vir die eerste keer ‘n lemon meringue (suurlemoen tert) gemaak.
- 1 x pakkie Tennisbeskuitjies, fyn gedruk
- 125 ml botter gesmelt
- 1 x blikkie kondensmelk
- ½ blikkie suurlemoensap
- 3 eiergele
- 3 eierwitte
- 2 teelepels strooisuiker
Meng die gekrummelde koekies en die botter saam en druk dit plat in oondvaste bak.
Meng die kondensmelk en die suurlemoensap saam. Skei die 3 eiers en voeg die eier geel een vir een by die kondensmelkmengsel terwyl jy meng.
Skep die vulsel oor die koekies.
Klits die eierwitte totdat dit lekker styf is en voeg die strooisuiker bietjie vir bietjie by terwyl jy heeltyd klits.
Skep die stywe eierwitte bo-oor die vulsel, hierdie is die meringue.
Bak in die oond op 180º C vir 20 min. (Boonste rak)
Ons het die oond aangesit net voor ons met die meringue begin het. Ons het hom uitgehaal na so 18 min. Baktyd mag verskil van oond tot oond.
Resep en foto: Phil Kloppers