Your Recipe Blog

TANNIE GALE SE “LEMON MERINGUE”

Recipe by
Cook: 20 minute

TANNIE GALE SE “LEMON MERINGUE”

Resep en foto: Phil Kloppers
Ek en my wonderlike vrou het saamgespan en ons het vir die eerste keer ‘n lemon meringue (suurlemoen tert) gemaak.

  • 1 x pakkie Tennisbeskuitjies, fyn gedruk
  • 125 ml botter gesmelt
  • 1 x blikkie kondensmelk
  • ½ blikkie suurlemoensap
  • 3 eiergele
  • 3 eierwitte
  • 2 teelepels strooisuiker
  • Meng die gekrummelde koekies en die botter saam en druk dit plat in oondvaste bak.
  • Meng die kondensmelk en die suurlemoensap saam. Skei die 3 eiers en voeg die eier geel een vir een by die kondensmelkmengsel terwyl jy meng.
  • Skep die vulsel oor die koekies.
  • Klits die eierwitte totdat dit lekker styf is en voeg die strooisuiker bietjie vir bietjie by terwyl jy heeltyd klits.
  • Skep die stywe eierwitte bo-oor die vulsel, hierdie is die meringue.
  • Bak in die oond op 180º C vir 20 min. (Boonste rak)
  • Ons het die oond aangesit net voor ons met die meringue begin het. Ons het hom uitgehaal na so 18 min. Baktyd mag verskil van oond tot oond.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page