TANNIE DOLLIE SE MAASKAASTERT
Lekkerste Maaskaas tert ooit!!
- 1 pakkie Tennisbeskuitjies, fyn gemaak
- 50 g margarien of botter, gesmelt
Meng die beskuitjies en botter en druk plat in ‘n tertbak, plaas eenkant.
- Meng die volgende saam:
- 4 teelepels hoogvol gelatien
- 3 eetlepels water
Plaas die gelatienmengsel in ‘n koppie binne in ‘n bakkie warmwater om die gelatien op te los, plaas eenkant.
- 100 ml suurlemoensap
- 1 suurlemoen se skil, gerasper
- 1 blik kondensmelk
- ½ koppie suiker
- 1 teelepel vanillageursel
- 375 g fyn ongegeurde maaskaas, kamertemperatuur
- 375 ml room, styf geklop
Klits die suurlemoensap, skil en kondensmelk saam tot styf.
Voeg die suiker, gesmelte gelatien en vanila by, klits aanhoudend.
Voeg die maaskaas by en klits deur.
Vou laastens die styfgeklopte room by die suurlemoenmengsel in.
Giet die vulsel in die kors en verkoel.
Variasies:
Voeg ‘n blikkie granadillapulp of ‘n blikkie fyn pynappel, gedreineer by.
Resep geplaas en foto: Elsje Stander