Your Recipe Blog

TANNIE BOTTIE SE HEERLIKE BEESVLEISBREDIE IN DIE PRUTPOT

Recipe by
Cook: 6 - 8 ure in die prutpot

TANNIE BOTTIE SE HEERLIKE BEESLVEISBREDIE IN DIE PRUTPOT

Resep en foto:  Elna Erasmus

Hierdie lekker, geurige beesvleisbredie word stadig in ’n elektriese prutpot gaargemaak. Die vleis word sag en die geure trek heerlik saam – perfekte trooskos vir ’n koue dag.

  • 1 kg beesvleis vir bredie, in blokkies gesny
  • 2 uie, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 teelepel komynsaad
  • 2 kardemompeule, liggies gekneus
  • 1 teelepel paprika
  • 2 wortels, in skywe gesny
  • 3 – 4 aartappels, in blokkies gesny
  • 12 stukkies mielies
  • 1 blik gekapte tamaties of 2 vars tamaties
  • 2 koppies beesvleisaftreksel
  • 1 lourierblaar
  • sout en swartpeper na smaak
  • 1 – 2 eetlepels olie
  • vars pietersielie, opsioneel
  • Verhit die olie in ’n groot pan.
  • Voeg die komynsaad by en braai vir ’n paar sekondes totdat dit aromaties ruik.
  • Braai die uie tot sag en goudbruin.
  • Voeg die knoffel en paprika by en roer vir ongeveer ’n minuut.
  • Voeg die beesvleis by en braai totdat dit liggies bruin is.
  • Plaas die vleismengsel in ’n elektriese prutpot.
  • Voeg die tamaties, beesvleisaftreksel, kardemom en lourierblaar by.
  • Voeg die wortels, mielies en aartappels by.
  • Geur met sout en swartpeper.
  • Laat dit vir 6 – 8 uur stadig prut totdat die vleis sag en die sous ryk en geurig is.
  • Sprinkel vars pietersielie oor net voor opdiening (opsioneel).
  • Wenk vir ekstra smaak:
  • Voeg ’n klein skeut Worcestershire sauce of ’n teelepel bruinsuiker by – dit gee die sous ’n voller, ryker smaak.
  • Bedien met vars brood, rys of mieliepap.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page