Your Recipe Blog

TANNIE ANITA SE ROOMYSTERT

TANNIE ANITA SE ROOMYSTERT

Hierdie nagereg maak ek net as dit so warm is…maar dis so lekker dat my man en seuns dit in die middel van die winter met ‘n lepel uit die bak sal eet. Dis basies ‘n gevriesde weergawe van ‘n peppermint crisp tert, maar dit leef in die vrieskas, so jy kan dit eet hoe en wanneer jy wil en net 4 bestanddele.

  • 2 liter roomys (vanilla/sjokolade/karamel of wat ook al jy van hou)
  • 1 pakkie romany creams, gekrummel
  • 1 blik karamel
  • 1 blok pepperment sjokolade, gerasper of fyngemaak in die voedselverwerker

Haal roomys uit vrieskas omtrent 20 minute voordat jy gaan begin.
Skep die fyn koekies onder in ‘n glasbak, skep ½ van die sagte roomys bo-op en maak gelyk.
Skep karamel bo-oor die roomys en maak gelyk.
Skep die oorblywende helfte van die roomys bo-op die karamel, maak gelyk en strooi pepperment sjokolade bo-op.
Plaas in vrieskas om te vries en bedien.

Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page