Your Recipe Blog

TANDOORI HOENDER MET PYNAPPEL

Recipe by
Cook: 60 minute

TANDOORI HOENDER MET PYNAPPEL

  • 1 heel hoender
  • Marinade:
  • sap van 1 suurlemoen
  • 2 ml fyn swartpeper
  • 5 ml sout
  • 2 groen brandrissies, fyn gekap
  • 1 knoffelhuisie, gerasper
  • 5 ml gemmerwortel, gerasper
  • 15 ml fyngedrukte koljandersaad
  • 30 ml room
  • 15 ml olie
  • 1 blik pynappelringe (440 g) in stroop

Sny die hoender deur die borsbeen oop en druk dit plat.
Spoel die twee hoenderhelftes af en druk dit droog met handdoekpapier.
Meng die bestanddele vir die marinade goed en smeer oor die hoender in ‘n nie-metaalagtige bak.
Bedek die hoender met die marinade en marineer dit oornag in die yskas sodat die geure kan ontwikkel.
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ‘n oondbak liggies met ekstra olie.
Rangskik die pynappelringe onder in die oondbak en plaas die hoenderhelftes bo-op.
Voeg die marinadesous by in die bak bp-oor die hoender.
Bedek en bak 30 minute lank. Haal die bedekking af en bak nog 30 minute lank tot die hoender gaar en sag is.
Sit warm voor met rys en groente.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page