TAMATIESOUS VIR PASTA
Vrydagaand pasta, maar die tamatiesous is die ster van die eenvoudige gereg.
Kan saam met mieliepap ook geniet word.
- 1 gekapte ui
- 1-2 vars gerasperde knoffeltoontjies
- 8 tot 10 songedroogde tamatie helftes, oornag in water gerehidreer
- 6 klein oorryp Rosa tamaties
- 1 blik heel Italiaanse kersie tamaties, met skille aan
- 1 blik gekapte Italiaanse tamaties
- 115 g houertjie tamatie paste
- 1 eetlepel gedroogde Italiaanse kruie
- sout en peper na smaak
- 3 teelepels bruin (treacle of demerara suiker)
- olyf olie vir braai
Braai die ui in medium hitte olyf olie in kastrol. Rede hoekom ek kastrol gebruik en nie pan is omdat ek die sous fyn gaan maak met handmenger (stick blender) in die kastrol.
Sodra die ui begin deurskynend word, gooi die knoffel by en die speserye, sout en peper en suiker. Voeg die tamaties, blikkies tamatie paste by in die pot en prut vir ongeveer ‘n uur. Roer gereeld sodat dit nie vasbrand.
Maak die sous fyn met handmenger en gebruik saam met pasta of by pap met braaivleis.
Resep en foto deur Elsabie Templeton