Your Recipe Blog

TAMATIESOUS A LA GIDEON

TAMATIESOUS A LA GIDEON

Tamatiesous van klein tamatietjies gekook en dit is djeeeerrlik en lekker ek eet dit sommer saam met beskuit ook.

  • 1½ kg klein tamaties, middeldeur gesny
  • 2 medium uie, fyngekerf
  • 1 eetlepel fyn knoffel
  • 1 koppie asyn (wit of bruin )

Kook hierdie bestanddele saam tot sag, sodra dit afgekoel is, sit dit deur ‘n voedselverwerker tot fyn.

  • Plaas terug in kastrol en voeg by:
  • 1 koppie suiker
  • 1 teelepel paprika
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel brandrisse vlokkies
  • 4 fyngemaakte naeltjies
  • ½ teelepel gemengde speserye
  • ¼ teelepel rooi peper (cayenne)

Kook die mengsel vir ‘n halfuur en bottel in gesteriliseerde flesse.

Resep en foto: Gideon Louw
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page