TAMATIESOP MET ‘N PARMANTIGE SKOP
ʼn Smaaklike, fluweelagtige sop wat lekker met ʼn kaasbroodjie (cheeza) kombineer.
- 2 groot uie, gekap
- 3 tone knoffel, rofweg gekap
- 1 cm stuk vars gemmer, gekap
- 2 stukke seldery, gekerf
- 1 of 2 wortels, in skywe gesny
- 15 ml olie
- 1 kg ryp tamaties, rofweg gekap
- 15 ml vars tiemie of 2,5 ml gedroogde tiemie
- 1 ml fyn naeltjies
- 2 lourier blare
- 125 ml tamatie puree (of 25 ml tamatie pasta)
- 10 ml suiker of heuning
- 750 ml aangemaakte groente ekstrak
- 15 ml peperwortel (horseradish) of meer as jy ʼn sterker geur verkies
- 25 ml Maizena
- sout en peper
Soteer die uie, knoffel en gemmer in die olie tot sag.
Voeg die seldery en wortels by, sit die deksel op en laat stadig gaar word tot sag. Roer af en toe.
Voeg die tamaties, basieliekruid, tiemie, naeltjies (wees baie versigtig met hoeveel jy ingooi – liewer ʼn bietjie minder), lourierblare, tamatie puree, suiker en groente ekstrak by.
Laat prut vir 40 minute, roer af en toe.
Nota:
En as jy nie lus is vir die vars tamatie proses nie – vat ‘n blikkie tamatie en ‘n bietjie gemmerpoeier en knoffelvlokkies en so aan – tower ‘n blik tamatie op.
KAASBROODJIES
Dit is seker die handigste resep in my huis want ek maak dit vir ontbyt, middag- en aandete. Dit is lekker saam met blatjang vir ontbyt en met slaai vir middag- of aandete.
Ek het die resep by my vriendin Gusta gekry wat by Juicy Lucy gewerk het. Dit is hulle weergawe van “cheezas”.
Ek kyk na kaaspryse en sodra dit bietjie goedkoper is, koop ek grootmaat, rasper en vries dit. Die resep is die heel lekkerste as ‘n mens rogbrood gebruik maar ek het dit al met ander brood ook gemaak.
- Vir elke persoon wat eet:
- 1 eier
- 1 eetlepel rondvol mayonnaise (die mayonnaise moet omtrent net soveel wees soos die eier)
- groterige knippie mosterd of ‘n teelepel aangemaakte mosterd
- fyngekapte sprietuie (kan ook ander goed soos ham, aspersies of sampioene ingooi)
- gerasperde kaas om mengsel styf genoeg te maak om op brood te sit (omtrent ¾ koppie sou ek skat)
Klits die eier effens en meng die mayonnaise, mosterd en sprietuie by. Voeg genoeg gerasperde kaas by totdat dit ‘n stywerige mengsel is.
Sit die rogbrood op ‘n bakplaat, en rooster bruin onder die roosterelement. Haal uit, skep die mengsel op die ander kant en rooster tot gaar. So omtrent 10 min teen 160°C – 180°C.
Die mengsel moet gaar word voordat dit bo-op bruin braai.
Dit lyk baie mooi as die eierwitte afsonderlik styfgeklits word en net liggies ingevou word.
As ander brood as rogbrood gebruik word – rooster dit sommer in die broodrooster.
Resep en fotos: Tosca de Villiers