Your Recipe Blog

TAMATIESMOOR / RELISH

Cook: +- 95 minute

TAMATIESMOOR / RELISH

Ek het vandag tamatiesmoor of -relish gemaak omdat tamaties nou spotgoedkoop hier by ons is. Dit is ‘n NZ resep vanuit ‘n kookboek (effens aangepas deur my), en is heerlik saam met kaas en beskuitjies, koue vleis, frikkadelle, gebakte eier, op burgers en toebroodjies, ‘n lepel of twee geroer deur maalvleis of pasta, op pap, boereworsrolle…die lys gaan aan. Dis regtig baie, baie lekker.

  • 1.5 kg tamaties, geskil en gekap
  • 4 groot uie, gekap
  • 2 eetlepels sout
  • 2 koppies bruinsuiker
  • 2 ¼ koppies bruinasyn
  • 1 – 3 rissies, opgesny of rissievlokkies na smaak
  • ¼ koppie bruinasyn vir kerriemengsel
  • 1 eetlepel kerriepoeier
  • 1 eetlepel mosterdpoeier
  • 2 eetlepels koekmeel

Meng die gekapte tamaties, uie en sout saam in ‘n glas of plastiekbak en laat oornag staan.
Dreineer dit goed die volgende dag.
Voeg die tamatiemengsel in ‘n pot saam met die suiker, asyn en rissies.
Bring die mengsel tot kookpunt en kook vir 90 minute, onbedek oor medium hitte.
Meng die asyn, kerriepoeier, mosterdpoeier en meel saam tot ‘n dik pasta.
Roer die kerriepasta deur die tamatiemengsel en kook vir nog 5 minute.
Bottel die relish warm in gesteriliseerde bottels en verseël.

Nota:
Jy kan die tamaties in kookwater lê en die velle aftrek, maar ek is te lui vir dit in die hitte, ek het dit net so gebruik.
Die resep smaak op sy beste nadat dit twee weke gestaan het, maar ek kon nog nooit twee weke wag vir die eerste proe nie.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page