Your Recipe Blog

TAMATIEBREDIE VAN LAMSVLEIS

TAMATIEBREDIE VAN LAMSVLEIS

Aandete vanaand is tamatiebredie. Hierdie is my eerste probeer slag, maar sal dit defnitief weer maak. Ek het Petré van Jaarsveld se resep gebruik met aanpassings.

  • 2 groot uie, in skywe gesny
  • 1 knoffehuisie gekap
  • 5 wonderpeperkorrels
  • 5 heel naeltjies
  • 3 kardemompeule gekneus
  • ½ teelepels fyn pypkaneel
  • ½ teelepel fyn naeltjies
  • 2 eetlepel kookolie
  • 1 kg lamsvleis
  • ¼ tot ½ koppie water
  • 2 blikke heel tamaties
  • ½ pakkie tamatiepasta (125g pakkie)
  • 4 groot aartappels, blokkies gesny
  • sout, peper en suiker na smaak
  • 1 teelepel aromat
  • gekapte pietersielie vir garnering

Verhit olie oor matige hitte en braai die uie, knoffel en alle speserye saam tot uie sag is.
Voeg vleis by en roer deeglik. Verminder hittegraad, voeg water by, bedek kastrol met ‘n digsluitende deksel en laat 40 minute liggies prut. Laat droog kook, maar wees versigtig vir aanbrand.
Voeg tamaties en tamatiepasta by. Sit deksel op en prut vir ± 45 minute.
Voeg die aartappels, sout, aromat, varsgemaalde peper en suiker na smaak by.
Sit deksel op en prut totdat aartappels gaar is.
Bedien saam met rys.

Resep en foto: Christine Louw

Leave a Review

Your email address will not be published.

*

1 2 3 4 5