Your Recipe Blog

TAMATIEBREDIE MET KRUIEKLUITJIES

TAMATIEBREDIE MET KRUIEKLUITJIES

  • 750 g beesstowevleis (met been), in kleiner stukkies gesny
  • sout en vars gemaalde peper
  • 15 ml (1 eetlepel) olyfolie
  • 2 uie, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 50 g tamatiepasta
  • 1 x 410 g-blik gekapte tamaties
  • 4 x 250 ml beesvleisafreksel
  • Kluitjies:
  • 375 ml (1½ koppie) bruismeel
  • 30 ml (2 eetlepels) gemengde gedroogde kruie
  • 125 g botter, in blokkies gesny

Geur die vleis met sout en peper.
Verhit die olie en braai die vleis tot bruin.
Voeg die uie, knoffel en tamatiepasta by en roerbraai ’n paar minute.
Voeg die tamaties en aftreksel by en laat prut 45 min. of tot sag.
Voeg nog water by, indien nodig; die bredie moet taamlik souserig wees.
Skep die bredie in ’n diep oondbak. Verhit die oond tot 200 °C.

Kluitjies:
Meng die bruismeel en kruie en vryf die botter daarby in. Voeg ’n bietjie water by sodat ’n stywe deeg vorm.
Breek stukkies van die deeg af en rol balletjies en pak op die bredie
Bedek met foelie en bak 20 – 25 min of tot die kluitjies gaar is.
Sit voor saam met rys.

Nota:
Dié kluitjies is ook baie lekker op potjiekos. Sit die deegballetjies op die gaar potjiekos, sit die deksel op en laat prut tot die kluitjies gaar is.
Ek het gisteraand die idee van hierdie resep gebruik, hoofsaaklik agter die kluitjies aan. Ek het maar meer eie kop gevolg met die bredie en vir die kluitjies het ek gedroogde basil, tiemie, cumin en neutmuskaat poeier ingesit. Dit was soooooo lekker!

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto:  Adam Cloete

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5