Your Recipe Blog

TAMATIEBREDIE MET BEESSTERT IN DIE PRUTPOT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 6 ure

TAMATIEBREDIE MET BEESSTERT IN DIE PRUTPOT (slowcooker)

  • 1 kg beesstert
  • 1 kg bees stowevleis
  • 4 tot 6 aartappels, in kwarte
  • 2 wortels, opgesny
  • 2 seldery stingels, gesny
  • 2 to 3 tamaties, opgesny
  • 2 uie, gekerf
  • 3 knoffel huisies, gesny
  • 1 pakkie tamatiebredie pakkie sous
  • 2 eetlepel blatjang
  • 1 eetlepel Worcestersous
  • 2 lourier blare
  • 2 heel naeltjies
  • Speserye: sout, peper, basil, tiemie, Italian, koljander ongeveer ½ tot 1 teelepel van elk.

Pak jou prutpot eers met gekerfde ui, seldery, vleis met speserye, en souse behalwe pakkie brediesous.
Volg met die aartappels, wortels en tamatie.
Kook op high vir 2 ure, dan op auto vir 4 ure.
Maak die pakkie brediesous aan met bietjie water en meng in by die bredie om te verdik vir die laaste uur.

Resep en foto: Lelane van der Walt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page