Your Recipe Blog

TAMATIEBREDIE MET APPEL, SELDERY EN DRUIWESLAAI

TAMATIEBREDIE MET APPEL, SELDERY EN DRUIWESLAAI

  • Tamatiebredie:
  • 2 uie, in skywe gesny
  • 4 aartappels, in kwarte gesny
  • 1 kg bredievleis, in blokkies gesny
  • 6 tamaties, geskil en ontpit
  • 1 eetlepel suiker
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 20 ml vars tiemie
  • 5 ml vars oreganum
  • 2 knoffelhuisies, fyn gekap
  • witwyn
  • 5 ml vars marjoram

Braai die uie sag en voeg die vleis by. Braai 40 minute lank. Voeg bietjie water by indien dit te droog lyk. Voeg die suiker, tamaties, aartappels en kruie by. Voeg sommer lekker baie peper by. Kook 1¼ uur lank. Voeg witwyn by indien dit te droog raak.

Slaai:
Sny Granny Smith appels in skywe (1 appel per persoon, seldery in dun repies, hou blare vir garnering, en rooi druiwe in helfte gesny. Sprinkel met asyn, olyf olie en sout en peper na smaak.

Resep en foto: Lelane van der Walt

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5