TAMATIE LEKKERTE
Hierdie resep is so lekker, ek maak dit gereeld. Geniet dit saam met braaivleis, hamburgers, hotdogs sowel as kookkos.
- 4 kg geskilde tamaties (laat lê die tamaties vir ‘n paar minute in kookwater en trek die skil af)
- 1 kg uie, gekap
- 3 koppies suiker
- 2 koppies witasyn
- 2 groot gekapte soetrissies (kleur van jou keuse)
- 2 eetlepels mosterdpoeier
- 2 eetlepels kerriepoeier
- 2 eetlepels sout
- 2 eetlepels Maizena
- 1 koppie witasyn
Kook die tamaties, uie, suiker, 2 koppies witasyn en soetrissies saam vir omtrent 1 uur.
Meng die mosterdpoeier, kerrie, sout, Maizena en 1 koppie wit asyn saam en voeg dan by die gekookte mengsel.
Kook goed deur. Skep in gesteriliseerde bottels en seël dadelik.
Foto en resep: Louisa Hollenbach