TAMATIE-, HOENDER- EN RYSSLAAI
- 400 g gekookte rys
- 300 g gaar hoender, in blokkies gesny
- 2 tamaties, in wiggies gesny
- 3 spruituie, fyngesny
- ½ groen soetrissie, fyn gesny
- 60 g Feta kaas, gekrummel
- 15 ml basiliekruid, optioneel
- ‘n paar olywe vir garnering
- Slaaisous:
- 50 ml olie
- 10 ml suurlemoensap
- 20 ml witasyn
- 1 sprietui, fyngekap
- 2 ml gedroogte tiemie en roosmaryn
- 3 ml suiker
- sout en peper na smaak
Plaas die rys in ‘n mengbak en voeg die hoender, tamatie en res van die bestanddele by en meng.
Meng die slaaisous bestanddele saam en meng dit liggies met die rysmengsel.
Skep die slaai in ‘n slaaibak en garneer met basiliekruid en olywe.
Moet ten minste 4 ure voor die tyd gemaak word.
Nota:
Jy kan die slaaisous maak en oor die warm rys giet, meng en later wanneer dit afgekoel is, die ander bestanddele inmeng.
Hou vir 2 tot 3 dae in yskas.
Resep: Sandy Riggien
Foto: Paul Helin