TAMATIE- EN UIESMOOR VARIASIES
Erica Herbst Louw:
Goeiemore! Ek is opsoek na die beste uie- en tamatiesmoor resep, GEEN blikkies of pakkies nie asb!
Sandra Gardiner:
Braai uie in bietjie olie tot sag. Maak kruis op tamaties.Trek velle van tamatie af na dit in kookwater gelê is. Kap in stukkies, voeg uie by en braai saam met die uie. Voeg sout, peper en suiker by.
Magda Britz:
Braai uie in ‘n bietjie olie tot sag, sny tamatie met skil in klein blokkies, voeg by die uie. Voeg klein bietjie sout en peper by, ek gebruik ‘n bietjie “steak en chops” speserye ook by. Afhangende van hoeveel tamaties jy gebruik, voeg ek so 8 teelepels witsuiker by en roer ook 2 teelepels bisto aangemaak in ‘n koppie water by en laat prut. Roer af en toe en geniet. Heerlik saam met pap, worsrolletjies of ‘n broodtjie.
Runette Geyser Hamilton:
Tamatie met skil en al en uie gerasper, sampioene, sout, swartpeper, blatjang, Worcestersous, pietersielie.
Prut alles saam in ‘n potjie/pan.
Anna Anne Hendricks:
Runette Geyser Hamilton dis hoe ek myne ook maak, ek voeg vars knoffel by, nie te veel nie, soms ‘n halwe teelepel bruinsuiker ook by. Die blatjang is ook soet en moenie bietjie rissie vlokkies vergeet nie.
Kitty Jacobs:
Suiker doen die ding.
Odette Fourie:
Onthou altyd groen, geel en rooi rissies. Dis lekker saam met die sous. Ek voeg sampioene ook by.
Geraldine Grobler:
Ek weet jy vra geen blikkies nie maar “Boerie relish”, daar is niks lekkerder as dit nie!
Maretha Du Toit Maritz:
Halwe teelepel kerrie by die smoor, almal wil net nog hê!
Cheryleen Ashington:
Fry 2 large finely chopped onions, add 6 skinned and finely chopped tomatoes, 1 tablespoon vinegar and simmer for about 15 minutes on low heat. Add 1 sachet tomato paste, 1 heaped teaspoon curry powder, a little water, salt, pepper, bay leaf and simmer. 5 minutes before cooking time is up, add sugar according to your taste.
Alet Schoen Murray:
Ek braai altyd eers ‘n stukkie lekker boerewors in ‘n bietjie olie tot goed gaar en dan gebruik ek daardie selfde pan om die uie en tamaties in te braai. Karameliseer die uie effens met klein bietjie suiker en klein bietjie kerriepoeier. Voeg die tamaties by en geur met sout en peper. Daardie wors se sousie maak net ‘n verskil. Ek meet nie af nie, ek skat na smaak. Wees net versigtig vir te veel suiker en kerrie.
Virginia Denise Casaletti:
I do mine in the oven, with onion, fresh garlic, mix peppers, tomatoes, smoked paprika and fresh basil. When it’s nice and charred (about an hour) I blend it all together. I use it for stews and casseroles.
Marianne Visser:
Kersietamaties, uie, vars basilie (het ekstra bygevoeg ná baktyd) balsamiese asyn, olie, suiker, sout en peper. Bak in die oond en blits met n handblitser, heerlik!
Venita Booysen Mills:
My “trick”, rooster (“roast”) die tamaties in die oond voor jy dit in ‘n pot plaas. Dit gee eksta geur. Heerlik en moenie die basilliekruid vergeet nie.
Rita Pienaar Welsh:
Onthou oreganum en mosterd. O ja en bietjie bruinsuiker vir die suur.
Geert Veenwouden:
Braai uie bietjie in ‘n pan en voeg dan gesnipperde tamaties by en kook tot dit sag is. Ek voeg sout, peper, asyn en naeltjies by na smaak. Voeg bietjie water by om dit meer vloeibaar te maak. Daar is baie maniere om ‘n lekker sous te maak.
Jacqui Logan:
Braai uie en ‘n toontjie of twee vars knoffel (na smaak) in ‘n pan, voeg vars gesnipperde tamaties en gesnipperde sampioene, groen en rooi soetrissies by. Sodra al die bestanddele goed gebraai is, voeg ‘n bietjie Worcestersous, bietjie suiker, suurlemoensap en “All Gold” tamatiesous by. Opsioneel: ‘n ½ teelepel kruie kerriepoeier. Laat prut die mengsel vir so kwartuur met bietjie sout en genoeg gemaalde swartpeper. Bietjie ekstra olie in die pan en bietjie water maak ‘n lekker sous. ‘n Blokkie bees ekstrak maak die sous lekker dik. Ek verkies hoendergeursel. Wees versigtig met soutgeursels.
Cecilia Van Der Merwe:
Ek sny die uie baie fyn en maak die tamaties fyn met ‘n “stick blender” of in ‘n gewone voedselverwerker, ek hou nie van stukke tamatie in my sous nie.
Braai die uie vir ongeveer 3 minute, voeg die tamaties en speserye na smaak (sout, peper, aromat, paprika) by en laat prut tot gaar, ongeveer 20 minute.
Marthinus Nothnagel:
I have to share this. This is one of the best tomato and onion relishes ever, according to my taste. 1 onion, 1 cup “All gold” tomato sauce, 1 cup water, ¼ cup brown vinegar, 5 table spoons “woeisyoursister” sauce (Worcestershire sauce), salt, pepper and chilies. Let it simmer down on low heat and enjoy with pap and wors. Add chopped gherkins, then you have a wimpy relish, almost. Thank me later.
Photo: Marthinus Nothnagel