Your Recipe Blog

TAMATIE EN GARNAAL TAGLIATELLE

TAMATIE EN GARNAAL TAGLIATELLE

Vrydagaande is ek doodmoeg (soos meeste aande😂), so iets vinning vir aandete, met min bestanddele is eerste prys. Het hierdie resep verfyn vir maksimum smaak, min bestanddele en SPOED! Jy kan enige pasta gebruik, maar ‘n breë pasta soos tagliatelle/linguine is baie lekker.

  • 400 g vars pasta (tagliatelle)
  • 300 g gevriesde gaar garnale (shrimps werk ook goed), ontvries
  • 2 eetlepels botter
  • 1 teelepel knoffelkorrels of 2 vars huisies, gekap
  • ½ teelepel chilli flakes
  • sout en peper na smaak
  • 1 blik room tamatiesop of tamatiesop
  • 100 ml room
  • pietersielie om bo-oor te gooi

Kook pasta volgens aanwysings. Dreineer.
Braai garnale in botter met knoffel, chilli, sout en peper.
Voeg die sop by en laat opkook.
Sit hitte af, roer room deur, voeg nog sout/peper na smaak by en roer deur pasta.
Gooi pietersielie bo-oor en geniet!

Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page