Your Recipe Blog

TAMATIE BLATJANG

TAMATIE BLATJANG

  • 2½ kg ryp tamaties sonder velletjies, in klein blokkies gesny
  • 750 g bruinsuiker
  • 4 tot 5 meduim tot groot uie, in klein blokkies gesny
  • 1 groen soetrissie, in klein stukkies gesny (opsioneel – kan soetrissie met 3 brandrissies vervang vir ekstra brand)
  • 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • 500 g sultanas
  • 15 ml Cajun mosterd en 15 ml gewone mosterdpoeier
  • 500 ml wit asyn
  • 500 ml appelkooskonfyt (Ek gebruik my eie tuisgemaakte appelkooskonfyt)
  • 10 ml fyn korriander
  • 15 ml rooipeper
  • 25 ml sout
  • 200 ml water
  • 15 ml kerriepoeier
  • 15 ml gemmer
  • 50 g tamatiepuree
  • 15 ml fyn knoffel
  • 5 ml gemengde speserye of 2 ml kaneel
  • 1 “granny smith” appel, gerasper
  • 5 ml swart pepper
  • 1 ml naeltjies
  • Opsioneel:
  • 20 ml mieliemeel

Meng al die bestanddele in ‘n swaarboompot en bring tot kookpunt.
Laat prut verder vir 1 tot 2 ure of tot dik op lae hitte.

Nota:
Ek voeg so 20 ml mieliemeel by met bietjie water aangemak en laat dit deurkook (indien nodig).

Steriliseer jou bottels en deksels en vul die bottels, seël warm.

Resep en foto’s: Amanda Naude

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5