Your Recipe Blog

TAMARILLO (BOOMTAMATIE) SOP

Recipe by
Cook: 40 minute | Servings: 6 - 8

TAMARILLO (BOOMTAMATIE) SOP

“Ek het vanjaar ‘n oorvloed boomtamaties. Het vandag ‘n lekker sop aanmekaar geslaan vir aandete. Die sop kan warm of koud bedien word. Hierdie resep maak so 6 – 8 porsies.”

  • 1 kg boomtamaties
  • 2 medium uie, fyngekap
  • knoffel, na smaak
  • 60 ml botter of olyfolie
  • 3 eetlepels koekmeel
  • 1½ liter groente-aftreksel
  • 1 koppie rooiwyn
  • basieliekruid, suiker, sout en peper, na smaak
  • Griekse jogurt, om te bedien

Sny ‘n kruisie aan die onderkant van die boomtamaties en kook vir twee minute in genoeg water om hulle te bedek.
Dreineer die kookwater af en vul die pot (met tamaties) met koue water.
Dreineer die koue water af en druk die vlees van die stingelkant af uit. Dis ‘n sappige affêre, so gebruik ‘n dieperige bord.
Braai die uie in die botter tot sag en deursigtig.
Voeg die knoffel by en braai vir nog ‘n paar minute.
Roer die koekmeel by en braai tot dit goudbruin word.
Voeg die warm aftreksel stadig by en roer goed.
Voeg die boomtamaties en wyn by en kook vir 30 minute.
Voeg die kruie en smaakmiddels by en laat vir nog so 10 minute kook.
Ek hou van gladde sop, so ek het myne versap.
Bedien met ‘n eetlepel of twee Griekse jogurt.

Resep en foto: Erica Cosijn

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5