Your Recipe Blog

TAHITI POEDING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 minute

TAHITI POEDING

  • 1 blik (440 g) pynappel-stukkies
  • 125 ml bruinsuiker
  • 60 ml botter of margarien
  • 2 ml fyn kaneel
  • 15 ml gouestroop
  • 125 ml klapper
  • 5 piesangs, in skyfies gesny
  • Bo-laag:
  • 125 ml margarien
  • 125 ml suiker
  • 2 eiers
  • 5 ml vanilla geursel
  • 430 ml koekmeel
  • 2 ml sout
  • 15 ml bakpoeier

Verhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n oondbak met kleefwerende kossproei. 27 x 22 cm (ongeveer).
Dreineer die pynappelstukkies, maar behou die vloeistof.
Plaas die pynappelstukkies, bruinsuker, 60 ml botter, kaneel en gouestroop in ‘n kastrol en verhit tot die mengsel begin kook.
Roer af en toe.
Giet in die voorbereide bak en sprinkel die klapper oor.
Rangskik die piesangskyfies bo-oor.

Bo-laag:
Verroom die margarien en suiker saam tot lig en romerig.
Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Voeg die vanilla geursel by.
Sif die koekmeel, sout en bakpoeier saam in ‘n mengbak, en voeg dit beurtelings met die pynappelsap by die margarienmengsel.
Skep versigtig oor die piesanglaag in die bak en bak sowat 45 minute tot gaar.
Bedien met vla.

Resep en foto:  Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page