“TACO’S” VIR DIE LUI HUISVROU
- 1 pak gekoopte wraps, effens dikkerig as dit kan
- olie vir braai in pan
- Vulsel:
- 500 g maalvleis
- 1 bakkie fyn advokado (guacamolé)
- pietersielie
- koljander
- sout en peper
- 1 ui, fyn gekap
Maak die maalvleis gaar in bietjie water.
Voeg speserye (pietersielie, koljander), sout en peper en fyn gekerfde ui by.
Voeg laaste bietjie sweet chillisous of warmer rissiesous (as jy braaf is) by (ek het ‘n lekker tuisgemaakte hot sweet chilli een by my sus gekry) en kook tot meeste vog verdamp het.
Vat ‘n wrap en sny dit in vier kwarte.
Vou elke kwart in die helfde deur sodat dit ‘n driehoek vorm en bak in olie aan weerskante tot effens hard, maar nie te hard dan breek dit.
Dit braai vinnig, lig die bokant effens dat onderkant bietjie kan uitsit.
Vul dadelik met vulsel, as dit lê raak die degies harder en breek dit.
Vul die tacos met advokado en maalvleis.
Nota:
Ook lekker om fyn gesnyde tamatieblokkies (salsa) bo-op die maalvleis te sit.
Resep en foto: Christelle van Rooyen