TAAITOFFIE-EN-RYSVLOKKIE-BLOKKIES
- 227 g taaitoffies en/of karameltoffies
- 125 g botter 200 g malvalekkers, kleiner gesny
- 200 g rysvlokkies
Smeer ’n koekpan van 30 x 20 cm.
Plaas die toffies in ’n glasbak en mikrogolf 2 minute op hoog. Roer goed tot die toffies gesmelt het.
Voeg die botter en gesnyde malvalekkers by en mikrogolf nog 1½ minute op hoog.
Roer met ’n houtlepel tot die mengsel gesmelt het.
Voeg die rysvlokkies by en meng goed tot die vlokkies goed met die toffiemengsel bedek is.
Skep die mengsel in die pan. Maak dit bo-op gelyk met die agterkant van ’n natgemaakte lepel en laat afkoel.
Sny in netjies blokkies.
Foto: Marie Grobler