TAAI TOFFIE- EN PIESANGPOEDING
- Poeding:
- 75 ml botter
- 250 ml witsuiker
- 2 ekstra groot eiers
- 325 ml bruismeel
- 3 ryp piesangs, fyngedruk
- Sous:
- 180 ml botter
- 250 ml room
- 350 ml bruinsuiker
Voorverhit die oond tot 180°C. Bespuit ‘n 20/22 x 20/22 cm oondbak met kleefwerende kossproei.
Verroom die botter en suiker tot lig en romerig.
Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
Vou die meel en piesangmoes by die bottermengsel in.
Skep die mengsel in die voorbereide oondbak en bak vir 35 min lank tot gaar.
Berei intussen die sous.
Verhit die botter, room en bruinsuiker oor baie lae hitte tot die suiker gesmelt is.
Bring tot kookpunt en prut liggies vir omtrent 5 minute.
Giet die helfte van die sous oor die poeding sodra dit uit die oond kom.
Nota: Rina Kleinhans
Jy kan gaatjies in die poeding druk met ‘n stokkie of dun messie sodat die sous lekker kan intrek.
Plaas die poeding terug in die oond en bak vir nog 2 – 3 min.
Sit poeding voor met die res van die toffiesous en roomys.
Resep en foto: Amanda Austen