SWITSERSE VARK / HOENDER FILETTE MET ROOMSAMPIOENE
Bedien met aartappelkoekies. (ZÜRICH GESCHNETZELTES MIT RÖSTI)
- 2 eetlepels margarien
- 750 g vark of hoender filette, in skywe gesny
- 1 gekapte ui
- 250 g pakkie sampioene, gesny
- 1 glas witwyn
- 250 ml room
- sap en gerasperde skil van ‘n ½ suurlemoen
- sout/Aromat en peper, na smaak
- handvol gekapte pietersielie
Verhit 1 eetlepel margarien in ‘n braaipan en braai die vleis op hoë hitte tot ligbruin aan beide kante.
Verwyder die vleis van die pan en plaas eenkant.
Voeg die 2de eetlepel margarien in die pan en braai die ui tot lig en deurskynend.
Voeg die sampioene by die ui en braai vinnig tot bruin.
Vat ‘n sluk van die witwyn en voeg die res by die sampioene.
Reduseer tot die pansappe byna droog is.
Voeg die room by die sampioenmengsel en prut stadig.
Voeg die vleis by en prut verder tot alles verdik het.
Geur met Aromat/sout en swartpeper en roer die pietersielie in.
Bedien saam met die aartappelkoekie.
- RÖSTI:
- 4 – 6 aartappels
- 1 ui
- Aromat en peper na smaak
- ½ pakkie bruin uiesoppoeier
- olie vir vlakbraai
Skil en rasper die aartappels en ui saam.
Voeg dit in ‘n vergietes of gaasdoek en druk al die vog uit tot dit goed droog is.
Geur met aromat en peper en die bruin uiesoppoeier.
Skep lepels vol in ‘n medium warm pan met bietjie olie in, druk die koekies plat en braai aan albei kante tot mooi goudbruin. Njamm!
Nota:
Die swede gebruik kalfsvleis.
Resep en foto: Stef Conradie