Your Recipe Blog

SWARTWOUD KOEKSTRUIF

Recipe by
| Servings: 6 - 8

SWARTWOUD KOEKSTRUIF

“Genoeg vir 6 tot 8 mense. Ons het kersies en blouberries gemeng. Die oorspronklike resep in Sarie Kos  Resepte – 2017/09/14 Barbara Joubert.“

  • 6 sjokolade-muffins of sjokolade rolkoek of selfde volume sjokolade-koek
  • 60 ml brandewyn (of rum)
  • 1 blik kondensmelk
  • sap van 1 suurlemoen
  • 225 g Philadelphia-kaas
  • 1 blik ontpitte swartkersies (of ’n blik aarbeie)
  • 250 ml room
  • 1 Flake
  • vars aarbeie of kersies en kruisementblaartjies, vir versiering

Sny die muffins middeldeur en sprinkel die brandewyn oor.
Klits die kondensmelk, suurlemoensap en roomkaas saam tot ’n gladde mengsel.
Pak ses muffinhelftes onderin ’n glasbak.
Rangskik die helfte van die kersies eweredig oor die muffins.
Versprei die helfte van die roomkaasmengsel oor die muffins.
Herhaal die lae (muffins, kersies, roomkaas).
Bedek die bak met kleefplastiek en verkoel dit oornag.
Net voordat jy die nagereg voorsit, klits die room styf en skep dit oor die koekstruif.
Krummel die Flake oor en versier met vars aarbeie, bloubessies en kruisementblaartjies.

Nota:
Die koekstruif is op sy lekkerste ’n dag of twee nadat dit gemaak is, maar die kans is skraal dat dit so lank in die yskas sal vertoef.

Plasing en foto: Rene Truter Wessels

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5