Your Recipe Blog

SUURSOUS VIR SLAAI

SUURSOUS VIR SLAAI

Moet hierdie resep met julle deel. My oorlede skoonma gekry, gebruik vir aartappelslaai
My skoonma was ‘n plaas vrou. Sy altyd haar uie gesny en kookwater oor dit gegooi. Dis wat ek nou vandag gedoen het.

  • Suursous:
  • Neem eiers na keuse, 3 eiers genoeg vir 4 – 5 persone
  • Neem vir elke eier:
  • 3 eetlepels koue water
  • 3 eetlepels bruin asyn (Indien wit asyn gebruik word, net 1½ – 2 eetlepels per eier )
  • 2 eetlepels suiker
  • Ekstra:
  • mespunt mosterd
  • sout na smaak
  • botter na smaak

Klits eiers baie goed en voeg water en asyn by. Klits goed, voeg suiker by.
Voeg ‘n goeie mespunt mosterd by en sout na smaak.
Kook op matige hitte, maar roer aanhoudend totdat sous begin op gaan in die pot.  Haal van die plaat af. Voeg botter na smaak by.
Ek het aartappels sag gekook in skywe gesny en sous oorgegooi.

Lettie van der Merwe –  Lekker saam met Gammon of gestoofde vrugte as bykos.
Ester Verwey – My ma het altyd jong groenbone geblansjeer en met die sousie opgedien.
Susan Ellis – Ek gooi die suursous oor opgekookte afgekoelde blomkool. Sit in yskas tot koud. Dis baie lekker slaai. Die geheime van die sous is hoe meer eiers jy gebruik hoe dikker jou sous en jy moet aanhoudend roer ander skif die eiers.

Resep en foto:  Aneen Ferreira

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page