Your Recipe Blog

SUURROOM BROODJIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 - 90 minute | Servings: 1 broodjie

SUURROOM BROODJIE

Hierdie heerlike broodjie kan saam met ‘n lekker koppie koffie of as ‘n nagereg bedien word saam met vla.

  • Droë bestanddele:
  • 2 ½ koppies koekmeel
  • 1 eetlepel bakpoeier
  • 1 koppie suiker
  • ¾ teelepel sout
  • Nat bestanddele:
  • 140 ml olie
  • 4 eiers
  • 1 koppie suurroom
  • 10 ml asyn
  • 5 ml vanilla geursel
  • Vulsel:
  • 1 koppie bruinsuiker
  • 3 teelepels fyn kaneel
  • 1 teelepel fyn neutmuskaat, of minder na smaak

Voorverhit die oond tot 180 ºC en berei ‘n 25 x 12 cm broodpannetjie voor met kleefvrye middel.
In ‘n groot mengbak, sif die droë bestanddele saam. In ‘n ander mengbak, meng die nat bestanddele saam.
Meng die natmengsel by die droëmengsel en klits tot goed gemeng.
Meng die vulsel bestanddele saam in ‘n aparte bakkie.
Skep die helfte van die deeg in die voorbereide pannetjie, strooi die helfte van die vulselmengsel oor die deeg. Skep die res van die deeg bo-op die suikerlaag, en sprinkel dan die res van die vulselmengsel oor die hele oppervlak.
Neem ‘n mes en “swirl” deur die mengsel vir ‘n marmer effek.
Bak die broodjie vir 60 – 90 minute of tot die toetspen skoon uitkom.
Laat staan ‘n rukkie in die pan, maak die kante mooi los en keer uit die pannetjie. Die suiker wat bo-op le sal effens afval.
Laat goed afkoel voor bediening.

Indien verkies kan mens ‘n glansuursel maak van 1 koppie versiersuiker, ½ teelepel vanilla geursel en bietjie melk totdat die tekstuur reg is. Bedruip die brood daarmee voor jy bedien. Ek het dit nie gebruik nie. Die broodjie was vir ons soet genoeg net so, en heerlik.

Resep aangepas en foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page