Your Recipe Blog

SUURMELK ANYSBESKUIT

Recipe by
Cook: 30 minute plus uitdroogtyd

SUURMELK ANYSBESKUIT

“Goeienaand almal. Gedog ek gaan gou ietsie hier pos. Dis amper winter hier in Ierland; so het bietjie beskuit gemaak. Dis ‘n lekker, vinnige resep wat heerlike ligte beskuit maak.”

  • 1 kg bruismeel
  • 1½  koppies suiker
  • 250 g botter
  • 1 eier
  • 2½ koppies suurmelk (as jy sien melk het al geskei, is dit perfek)
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 3 teelepels anyssaad

Voorverhit oond tot 160 °C. Voeg anys by botter en smelt in mikrogolfoond. Voeg vanillas by. Meng meel, suiker, bakpoeier en sout saam in bak. Voeg eier by suumelk, klits en voeg by gesmelte botter. Meng goed en skep in beskuitpan. Bak tot ligbruin (ongeveer 30 minute).

Wenke:
As jy beskuit in bolletjies wil rol, gebruik net twee koppies melk. Baksel is slapperige deeg, so kan lekker vinnig plat gedruk word.

As uit oond kom, laat bietjie afkoel en sny in blokkies so groot soos jy dit sal wil bedien.

Wanneer jy beskuit droog, sit ‘n houtlepel tussen die deur van oond en raam sodat dit nie heeltemal toemaak nie. Dit laat vog vinnig uit en droog baie korter. Ek droog op 120 °C en as dit droog is, draai ek temperatuur op tot 160 °C om dit bietjie meer kleur te gee.

As jy nie suurmelk of karringmelk het nie, meng een eetlepel suurlemoensap per koppie melk.

Ek gebruik grootste bakpan wat ek in oond kan plaas sodat mengsel meer uitgesprei is en nie so hoog opkom nie. Dan kan ek dit vinnig in klein blokkies/vingertjies sny.

Resep en foto: Kyle Jensen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page