SUURLEMOENSTROOP
- 12 suurlemoene
- 2.5 kg suiker
- 15 g wynsteensuur (jy kan ook sitroensuur gebruik)
- 15 g Engelse sout
- 15 g kremetart
- 1.5 l kookwater
Was suurlemoene af en rasper buitenste skil versigtig af. Druk sap uit en voeg by die skil.
Voeg res van die bestanddele by. Voeg die kookwater laaste by. Roer tot suiker opgelos is en laat staan oornag.
Suig die volgende dag deur ‘n kaasdoek of fyn sif (kaasdoek gee heldereder stroop) en bottel in gesteriliseerde bottels.
Nota:
Ek bere dit in die yskas. Skud maar net goed voor gebruik.
Resep geplaas deur Karen S Homan
Foto: Karen S Homan