SUURLEMOENBROODJIE
- 80 ml margarien
- 2 eiers
- 2 ml sout
- 250 ml strooisuiker
- 450 ml bruismeel
- 125 ml melk
- gerasperde skil van een suurlemoen
Klits die margarien, eier en suiker goed saam.
Sif die meel en sout saam en voeg om die beurt met melk die melk by die eiermengsel.
Meng suurlemoen skil by.
Skep in gesmeerde 23 cm broodpan.
Bak in voorvehitte oond van 180°C vir 45 – 60 minute.
Giet die volgende stroop oor sodra dit uit die oond kom.
- Stroop:
- 125 ml strooisuiker
- 2 sappige suurlemoene se sap
Meng die sap en suiker goed en gooi oor broodjie as dit uit oond uit kom.
Foto en resep: Poppie Naude