Your Recipe Blog

SUURLEMOENBROODJIE OF -KOEK

SUURLEMOENBROODJIE OF -KOEK

Heerlike heerlike suurlemoenkoek, net waarvoor ons lus was!!

  • 1 koppie suiker
  • 125 ml olie
  • 2 eiers
  • 1 teelepel suurlemoen geursel
  • 2 koppies koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 125 ml melk
  • skil gerasper van 1 groot suurlemoen
  • Stroop:
  • sap van 1 suurlemoen
  • 2 eetlepels suiker

Voorverhit die oond tot 180°C.

Stroop:
Meng die suurlemoensap en suiker  en kook in ‘n klein kastrol oor matige hitte tot dat ‘n stropie vorm. Hou eenkant.

Beslag:
Meng die suiker, eiers, suurlemoen geursel en olie saam. Sif al die droë bestanddele soos die koekmeel, sout en bakpoeier saam.
Voeg die melk en gerasperde skil van die suurlemoen by die meelmengsel en meng goed.
Skep die beslag in ‘n voorbereide broodpannetjie.
Bak vir ongeveeer ‘n uur of tot toetspen skoon uitkom.
Giet die stroop oor die broodjie sodra die broodjie uit die oond kom.

Nota: Charlene Erasmus van Tonder
Ek het bogenoemde resep net in ‘n ring pan gebak met die volgende glansversiersel:

  • 2 koppies versiersuiker
  • klein bietjie warm water
  • druppel suurlemoengeursel

Meng bogenoemde saam tot ‘n smeerbare pasta.  Sodra gemeng, smeer oor koek wat effens afgekoel het en versier soos verkies.

Resep geplaas deur Lloyd Joseph
Foto: Charlene Erasmus van Tonder

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page