Your Recipe Blog

SUURLEMOEN YSKASKAASKOEK

Recipe by
Cook: 8 minute | Servings: 20 cm koek

SUURLEMOEN YSKASKAASKOEK

Resep en foto: Susan Lockem

  • Kors:
  • 2 pakkies tennisbeskuitjies, gekrummel
  • +- 200 ml botter, gesmelt
  • Voeg die gesmelte botter by die beskuitjie krummels en meng goed.
  • Druk die krummels vas op die bodem en teen die kante van ‘n 20 cm losboompan.
  • Bak die kors in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC, vir 8 minute of net tot goudbruin, laat afkoel.
  • Vulsel:
  • 450 g roomkaas
  • 1 blik kondensmelk
  • 80 ml suurlemoensap (ek gebruik bietjie meer, want ek is lief vir die suurlemoen smaak)
  • 1 koppie versiersuiker
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 2 koppies room, yskoud
  • ½ teelepel vanilla geursel
  • 1 eetlepel versiersuiker
  • Klits die roomkaas, kondensmelk, suurlemoensap, 1 teelepel vanilla en versiersuiker saam in ‘n mengbak tot gemeng.
  • In ‘n aparte bak, klits die room, ½ teelepel vanilla en versiersuiker saam tot verdik.
  • Meng die styfgeklopte roommengsel by die roomkaasmengsel.
  • Skep die kaaskoekmengsel op die afgekoelde kors in die losboompan.
  • Bedek die kaasskoek met foelie of kleefplastiek en plaas in die yskas om te stol, verkieslik oornag, indien moontlik.
  • Versier na smaak, ek het ‘n bloubessie compote op die kaaskoek geskep.
  • Resep vir die compote: https://yourrecipeblog.com/recipes/blueberry-sauce-compote/

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page