SUURLEMOEN SOUSPOEDING
Genoeg vir: 6 – 8
- 500 ml bruismeel
- 350 ml strooisuiker
- 2 groot eiers
- 60 ml gesmelte botter
- 250 ml melk
- gerasperde skil en sap van 4 suurlemoene
- 30 ml mielieblom
- versiersuiker vir oorsif
- botter of kleefweerende kossproei om bak te smeer
Voorverhit oond tot 180ºC.
Meng die meel en 125 ml van die strooisuiker saam in ‘n groot bak.
Meng die eiers, botter, melk en suurlemoenskil in ‘n bakkie en roer dit by die meelmengsel tot dit net-net gemeng is.
Giet die beslag in ‘n gesmeerde oondvaste bak.
Meng die mielieblom en res van die strooisuiker saam en sprinkel dit oor die beslag, maar moet dit nie inmeng nie.
Meng die suurlemoensap met 750 ml kookwater en giet dit oor die beslag, moet dit nie inmeng nie.
Plaas die bak op ‘n oondplaat ingeval dit dalk oorkook of spat.
Bak die poeding vir 45 minute tot dit opgepof en goudbruin is.
Sif versiersuiker oor en sit voor met styfgeklopte room.
Resep geplaas deur Poppie Naudé
Foto: Poppie Naudé