SUURLEMOEN PYNAPPEL STROOP
- 8 koppies suurlemoensap
- 16 koppies water
- 8 koppies pynappelsap
- 20 koppies suiker
- gerasperde skil van 2 suurlemoene
- gerasperde skil van 1 lemoen
- 3 groterige stukke gedroogde naartjieskil
Plaas alles in ‘n groot pot en bring tot kookpunt totdat al die suiker opgelos is.
Kook vir 5 minute.
Laat afkoel.
Gooi deur ‘n doek en bottel in voorbereide bottels.
Resep en foto: Petre van Jaarsveld
Category:
Hi
Heerlike stroop, gaan lekker met sprite en tonic water.
As ek miskien net pynappel stroop wil maak, sal ek die pynappelsap dubbel?
Hallo Anita, ja dit behoort goed te werk, hou maar net die stroop in die yskas, want suurlemoen is ook ‘n preserveermiddel wat die raklewe verleng. Hoop dit kom heerlik.